Barmhartigheid
As Christus se liggaam is Somerstrand Gemeente geroep om as geloofsgemeenskap mekaar te versorg en te ondersteun (Nader aan mekaar te groei). Verder is ons geroep om betrokke te raak by die seer en die nood van ons omgewing deur selfs die wat teen ons vyandig is met die goedheid en liefde van ons Here te bedien (Sodat die wêreld kan glo).
​​
Moenie versuim om gasvry te wees nie, want hierdeur het sommige, sonder dat hulle dit weet, engele as gaste ontvang. Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, aan hulle wat mishandel word asof julle dit self aan julle liggaam beleef… En moenie versuim om goed te doen en mededeelsaam te wees nie, want God het behae in sodanige offers.
Hebreërs 13:2-3, 16 Afr20
Jesus het naasteliefde beskryf deur die gelykenis van die barmhartige Samaritaan, ‘n man wat nie verby ‘n ander mens se nood kon stap sonder om te help nie. Ons is geroep om nie meer selfsugtig en geldgierig te wees nie, maar te leef met die ingesteldheid van Paulus wat in Handelinge 20:35 gesê het:
“In alles het ek vir julle gewys dat 'n mens deur hard te werk, die swakkes moet help, en die woorde van die Here Jesus moet onthou toe Hy gesê het, ‘Dit maak 'n mens gelukkiger om te gee as om te ontvang.’
Noodspens
Ons ontvang en versprei nie-bederfbare produkte en gee noodleniging aan behoeftige lidmate.


CMR
CMR (Christelike maatskaplike Raad/Caring, Mentoring & Restoring) is 'n nie-winsgewende organisasie wat opstaan vir kinders in Port Elizabeth. Ons sorg vir en beskerm kinders in nood en dié wat in gevaar is van enige vorm van verwaarlosing of misbruik. Deur 'n holistiese benadering tot maatskaplike welvaart in Port Elizabeth te volg, bied CMR PE professionele ondersteuning om kwesbare gesinne te versterk in die algehele belang van kindbeskerming en -sorg. CMR se benadering is om op die bewaring van gesinne te fokus – om kinders beskerm en versorg te hou binne die nukleus van stabiele gesinne en gemeenskappe. CMR bied ‘n verskeidenheid van ontwikkelings- programme wat gerig is op ouerleiding, voorkoming van geslagsgerigte geweld, mishandeling van kinders en die voorkoming van boelie gedrag in skole.
Annemarie Millard (083 992 9729)
ACVV
Die ACVV is die oudste maatskaplike welsynsorganisasie in Suid-Afrika wat omvattende maatskaplike welsynsdienslewering verskaf. Hul streef daarna om die morele strukture te herstel en ‘n volhoubare gesonde gesinslewe as 'n kernwaarde binne die verskeie gemeenskappe te kweek.
Rien du Preez (+27 72 516 4917)

MTR Smit-Kinderoord
Ons is betrokke by Huis 58 met 14 dogters wat die volgende behels:
-
Deel Kersgeskenke uit deur die kersboomprojek elke jaar.
-
Voorsien toiletware aan die dogters.
-
Reël uitstappies en aktiwiteite vir kinders.
-
Versier die huis.
-
Woon forumvergaderings by.
-
Verleen hulp met fondsinsamelings soos die Damestee in Meimaand en die Kermis in Julie.
Leatitia Greyling (041 583 5115)

Boemelaars/Bosslapers/
Haweloses
Hierdie is ‘n bediening deur ons lidmate aan die haweloses in ons direkte omgewing. Dit behels die volgende:
-
Woordbediening
-
Bou van verhoudings
-
Hulp met basiese behoeftes binne die raamwerk van verantwoordelike opheffing
-
Vervoer na klinieke of hospitale
-
Opstel en druk van CVs
-
Hulp om gedokumenteer te word (o.a. IDs) wat hul in staat stel om weer aansoek te doen vir werk
-
Hulp om weer in die samelewing te integreer
Jan Hendrik Coetzee (073 170 2131)
.png)

Barcelona-voedingskema NPO
Hierdie skema voorsien elke week twee gekookte etes aan 300 behoeftige kinders in die Barcelona informele nedersetting.
Die NPO reik Artikel 18A sertifikate uit vir aftrekking van belasbare inkomste vir alle finansiële bydraes.
Verder verwelkom hul ook bydraes van uie, aartappels, wortels, benevleis, stampmielies en bone. Daar word ook hulp benodig met die jaarlikse Kerspartytjie.
Theo Haveman (041 583 2894)
Hek 1 & 5
Bystand en versorging word verleen aan hawelose persone:
-
Huisvesting in twee karavaanparke
-
Etes
-
Werk
-
Mediese versorging
-
Opsporing van familie, ens.
Theo Haveman (041 583 2894)

Wil jy graag deel word van Somerstrand Gemeente se barmhartigheid?

Riette Viljoen
084 499 1133

Marlene Cilliers
082 968 6946