top of page

Senior-lidmaatbediening

Somerstrand Gemeente is ‘n familie wat groei. Ons besef watter waardevolle rol die bejaarde lidmate (65 jaar en ouer) in hierdie visie speel. Baie van hulle was stigterslede van die gemeente en ons is bevoorreg dat hulle nog met ons is. Ons eer hulle as die ouer generasie in ons geloofsfamilie. Sonder die bejaarde lidmate se insig, wysheid en aanmoediging sal ons nie ‘n geloofsfamilie kan wees nie en sal daar ook nie groei kan plaasvind nie.

WhatsApp Image 2025-02-12 at 08.55_edited
2
WhatsApp Image 2025-02-12 at 08.56_edited

Ons kuiers gaan altyd gepaard met lekker eet.

ark geleentheid_edited

Ons eerste byeenkoms in die nuwe Ark op 24 Januarie 2025.

Black Modern Handwritten Motivation Quote Social Media
WhatsApp Image 2025-02-12 at 08.56_edited

Hoe rooier, hoe mooier!

WhatsApp Image 2025-02-12 at 08.55_edited

Uithalerspan

3

Bediening in Aftree-oorde

Lidmate in die aftree-oorde word in samewerking met Driftsands Trust bedien. Dit behels eredienste gedurende weeksdae asook jaarlikse huisbesoeke, siekebesoeke en hospitaalbesoeke. Aftree-oorde wat deur Driftsands Trust in hierdie omgewing bedien word:

  • Cheshire Home

  • Somerson

  • Krugertuine

  • Waltonpark en Ockie Oosthuisen

  • Duantpark

  • Munro Kirk en LAPA Munnik

  • Fairhaven 

 

‘n Volledige kalender van Driftsands Trust, wat al die spesifieke besonderhede oor hierdie bediening bevat, is by ds. Kobus en die kerkkantoor beskikbaar. Jy kan hom ook met die volgende skakel aflaai:

Huisbesoeke

Dit behels huisbesoeke waar ons op persoonlike vlak met mense kan gesels oor hulle vreugdes, vrae en uitdagings. Daarmee verseker ons hulle ook dat hulle waardevolle lidmate van ons gemeente is. 

Hierdie besoeke word op ‘n sistematiese basis gedoen, asook op versoek en tydens siekte, sterfte en ander spesiale omstandighede.

​

Lidmate wat besoeke verlang of enige inligting verlang, kan vir dr. Kobus Prinsloo skakel.

Klub 65

Dit is ‘n sosiale klub wat eenkeer per maand ‘n byeenkoms het. Ons bespreek relevante temas en kuier lekker saam as vriende. Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir nuwe mense wat in Somerstrand kom aftree, om nuwe vriende te maak en vinnig in te skakel by die gemeente en gemeenskap. 

Vir enige navrae of inligting.

20250220_121644.jpg

Dr. Kobus Prinsloo

078 803 2877

IMG_4434.jpg

Willem Smuts

082 332 3772

Kontaknommers: Skriba: Marlein van Deemter                        083 270 4853

                       Leraar: Vian du Plessis

                       061 589 1562​

​

E-pos: info@somerstrandgemeente.co.za

​

Kantoortye: Ma., Wo., Vr. 08:00-13:00

​

Eredienstye: Sondagoggend 09:00

Louis Bothasingel 77, Somerstrand, Gqeberha, Oos-Kaap, Suid-Afrika

Ontvang die weeklikse nuusbrief

Thanks for submitting!

bottom of page