Geestelike groei
​
Sorg dat julle aanhou groei in die genade en kennis van ons Here en Verlosser, Jesus Christus.
2 Petrus 3:18 Afr20
​​By Somerstrand Gemeente is die oproep tot geestelike groei deel van ons kern-identiteit om as geloofsfamilie in Christus te groei. Daarvoor is dit nodig dat die Woord van God se genade nie net gehoor word en by ons verbygaan nie, maar dat ons werklik daarin groei tot geestelike volwassenheid deur:​​​​
​​​​​Gereëld tyd met die Woord te spandeer (Om nader aan Christus te groei).​​
Dit wat Hy vir ons gedoen het met mekaar te deel (Om nader aan mekaar te groei).​
As gestuurdes in die geloof te gaan en met die goeie nuus van die evangelie uit te reik (Sodat die wêreld kan glo).

Ons onderlinge inskakeling by mekaar in kleiner groepe is daarom baie belangrik vir geestelike groei omdat ons daar die Woord met mekaar kan deel en bespreek op ‘n vlak wat dieper en wyer strek as wat ‘n Sondag se erediens alleen kan bied. Verder kan lidmate ook in kleiner groepe meer persoonlik vir mekaar omgee, mekaar bystaan en Christus se liefde prakties deel, wat essensieel tot geloofsontwikkeling is en selfs lei tot beter begrip van die Woord. Die groeigroep kan mekaar ook help om prakties ons roeping as kerk uit te leef deur iewers betrokke te raak by barmhartigheid en sending.
Groeigroepe
Ons moedig elkeen wat geestelik wil groei aan om iewers op ‘n persoonlike vlak by medegelowiges in te skakel. Ons groeigroepe dien hierdie doel deurdat ‘n kleiner groep mense hul daartoe verbind om saam nader aan Christus en nader aan mekaar te groei en uit te reik. Daar is goeie beginsels wat groeigroepe kan help om hierdie fokus te behou in die Groeigroepleiersgids beskikbaar. Daar word elke week saam met Sondag se erediens ‘n verdere Bybelstudiestuk uitgegee wat die groep as materiaal kan gebruik.
Binne die raamwerk van groeigroepe is daar ruimte vir ‘n wye verskeidenheid van groepe. Dit kan ‘n tradisionele groep van gesinne wees wat op ‘n weeksaand byeenkom, dit kan ‘n manne- of vrouegroep wees wat vroeg op ‘n weeksoggend met koffie ontmoet, of dit kan ‘n fietsrygroep wees wat iewers stop vir koffie en Bybelstudie, ens.

Bybelstudies
Aflaaibare dokumente van elke week se Bybelstudie:


Ander hulpbronne & Bybelstudies
Wil jy graag meer weet oor die Groeigroepe, Bybelstudies en geestelike groei?

Marius du Preez
083 303 7643