Gebed & Siekebesoek
Somerstrand Gemeente is wil nader aan Christus leef deur volharding in gebed. Want niks wat ons doen kan uit ons eie krag kom nie. Alles is deur die genade van God van wie ons absoluut afhanklik is. Nederige gebed tot Hom moet daarom deel wees van alles wat ons as liggaam van Christus doen. Dit is deel van ons roeping en getuienis in die wêreld! So skryf Paulus aan Timoteus oor hoe die lewe van die gemeente behoort te lyk:
Heel eerste versoek ek dat smekinge, gebede, voorbidding en dankgebede vir alle mense gedoen word, vir konings en vir almal wat gesagsposisies beklee, sodat ons 'n rustige en stil lewe, in alle godvresendheid en waardigheid, kan lei. Dit is goed en reg in die oë van God, ons Verlosser, wat wil hê dat alle mense verlos word en tot kennis van die waarheid kom.
1 Timoteus 2:1-4 Afr20
Ons word geroep om naby aan Jesus te leef deur in alle omstandighede en oor alles te bid, ook vir mekaar:
​
As iemand van julle swaarkry, moet hy bid. As iemand opgeruimd is, moet hy psalms sing. As iemand van julle siek is, moet hy die ouderlinge van die gemeente roep, sodat hulle vir hom kan bid, nadat hulle hom in die Naam van die Here met olyfolie gesalf het. Die gelowige gebed sal die sieke gesond laat word, en die Here sal hom weer oprig. En as hy sonde gedoen het, sal hy vergewe word. Bely dan julle sondes teenoor mekaar, en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die gebed van 'n regverdige is baie kragtig in sy uitwerking.
Jakobus 5:13-16 Afr20
Deur ons gebedsbediening wil ons graag die gemeente toerus, aanmoedig en geleenthede skep om ‘n lewende gebedslewe te hê, in elkeen se persoonlike verhouding met God, maar ook tydens die Familiediens, Groeigroepe en die Gebedsaksie voor kerk.
Gebedsversoeke & Siekebesoeke
Laat ons weet!
-
Is daar sake waarvoor ons as gemeente kan bid?
-
Het jy gebed vir ‘n spesifieke saak nodig?
-
Het jy siekebesoek nodig of weet jy van iemand wat dit benodig?

Gebedskamer
Die gebedskamer is die ideale plek om weg te kom en te gaan stil raak op jou eie, of vir 'n groeigroep/kleingroep/selgroep om by mekaar te kom.
​
Beskikbaar:
Maandag, Woensdag en Vrydag 08:00 tot 13:00
Sondag 08:00 tot 11:00
Wil jy graag inskakel by ons gebedsaksies?

Hannie Williams
082 940 8686