top of page

Gesinsbediening

(Kategese & Ouerleiding)

In Somerstrand Gemeente wil ons ook in gesinsverband nader aan Christus en nader aan mekaar leef sodat dit verder in die stad en die wêreld uitgedra kan word. Dit is duidelik dat die Here vir ouers in die besonderse posisie plaas om hulle geloof met hulle kinders te deel. Ons wil graag alle ouers en voogde van kinders in hierdie roeping toerus deur ons kategese en ouerleidingprogramme. 

​

En hierdie woorde wat ek vandag vir jou voorskryf, moet jy op die hart dra. Herhaal dit vir jou kinders en praat met hulle daaroor wanneer jy in jou huis sit en wanneer jy op pad is, wanneer jy gaan lê en wanneer jy opstaan. Bind dit as 'n teken om jou hand en laat dit 'n versiering op jou voorkop wees. Skryf dit op die deurkosyne van jou huis en op jou stadspoorte.

Deuteronomium 6:6-9 AFR20

Kleuterkerk (Glimwurms)

(Voorskool) 3 jaar tot Graad R

Voorskoolse kinders bly in die kerk tot na die Kindertyd tydens die familiediens. Daarna beweeg hulle na die konsistorie vir kleuterkerk.

Glimwurms.jpg
ligkids.jpg

Junior jeug (Ligkids)

Laerskool (Graad 1 tot 7)

Hierdie groep kinders sit by hulle ouers in die erediens en beweeg na hulle onderskeie klasse tydens dankoffer. 

​

Dit is belangrik vir ons dat hulle die erediens saam met hulle ouers beleef, en om sodoende 'n liefde vir gesamentlike aanbidding te ontwikkel.

​​

Graad 1-3

Hierdie groep kinders behandel Bybelstories volgens 'n Bybelse tydlyn oor 'n tydperk van drie jaar. Die kinders leer die Bybel ken en kweek 'n liefde vir die mooi Bybelverhale.

​

Graad 4-7

Die kategesemateriaal sluit aan by die erediens.

Daar word ook 'n onthoupunt in die erediens behandel wat die kategete weer met die kinders in die klas bespreek.

Senior jeug (Lighthouse)

Hoërskool (Graad 8 tot 12)

Sondagaande 17:00-18:30

Die tieners doen almal saam 'n grootgroep-aktiwiteit en verdeel daarna in kleingroepe​ volgens grade.

​

​Graad 8-10: Tienerdissipelskap

​

Graad 11: Veritas Jeugkursus 

​

Graad 12: Groeigroep

​

lighthouse.jpg
belydenisaflegging.1.jpg

Belydenisaflegging

Belydenisaflegging is vir mense wat tot die geloofsoortuiging gekom het om 'n lidmaat van die liggaam van Christus, die kerk, te word. Vir die jongmense van ons kerk het die jare se kategese hul voorberei om hierdie stap te kan neem. Die wat reeds as kinders gedoop is, is wel dooplidmate, maar dit beteken dat hulle ouers tot dusver die verantwoordelikheid geneem het om hulle van die Here te leer en deel te maak van die kerk. Vir die wat nog nie gedoop is nie, geskied die doop op dieselfde dag as belydenisaflegging. Dit dien as die merkteken dat Christus ook alles aan daardie persoon skenk wat deur sy lewe, sterwe en opstanding vir ons bewerk is. By belydenisaflegging antwoord die individu egter op hierdie genade in sy/haar lewe deur nou self die verantwoordelikheid van lidmaatskap op te neem. Dit behels 'n openbare belydenis van geloof en die aflê van beloftes voor die Here en die gemeente.

​

Datums vir 2025:                            Volg die skakel vir meer inligting:

  • 13 April

  • 21 September

Ouerleiding
&
Hulpbronne

Klik op die foto's om na die bronne herlei te word.

focus on the family.jpg
familiebybel.png
Youversion.jpg

Wil jy graag meer weet oor kategese en gesinsbediening?

IMG_7256.jpg

Hennie Mansvelt

083 650 6143

Kontaknommers: Skriba: Marlein van Deemter                        083 270 4853

                       Leraar: Vian du Plessis

                       061 589 1562​

​

E-pos: info@somerstrandgemeente.co.za

​

Kantoortye: Ma., Wo., Vr. 08:00-13:00

​

Eredienstye: Sondagoggend 09:00

Louis Bothasingel 77, Somerstrand, Gqeberha, Oos-Kaap, Suid-Afrika

Ontvang die weeklikse nuusbrief

Thanks for submitting!

bottom of page